Blinde model van Boksburg steel kollig
Al die Miss & Mister Universal SA kandidate is by liefdadigheidsprojekte betrokke. Hulle poog om minstens vyf leerlinge se tersiêre opvoeding te befonds.
Met die intrapslag kan jy agterkom dat niks Carina James (24), ’n blinde model van Boksburg, se optimisme kan blus nie.
Dit is te danke aan mense se skeptiese aanmerkings dat sy deelneem aan die Miss Universal SA-skoonheidskompetisie wat op 19 tot 23 Maart in Pretoria plaasvind.
Sy skop haar loopbaan op ’n hoë noot af toe sy onder andere in 2018 die kollig by die Miss Rivonia skoonheidskompetisie gesteel het.
Dit het egter nie in haar skoot geval nie. Ná talle onderhoude en gemeenskapswerk, kwalifiseer sy as model.
Haar grootte en postuur was ook onder die vergrootglas.
Sy wil ook eer bring aan haar dinamiese persoonlike afrigter Mike Jacobs en Carolyn Botha, eienaar van Peagent SA, waar sy ook haar eerste titel as Courage Ambassador ontvang het.

Sy staan baie tyd aan kompetisies af. Sy het ’n kontrak as model by Vogue Catwalk Models en by Talent International as akrise los geslaan.
“My grootste uitdaging is om op my voete te bly,” spot sy.
Sy kan net op ’n stewige wit of verligte loopplank loop.
Sy wil graag hê mense moet hulle siening oor mense met gestremdhede verander.
James het haar oog op 7de Laan en werk daaraan om eendag haar verskyning in dié gewilde sepie te maak.
Kontak haar op carina69@gmail.com vir meer inligting. Om haar te ondersteun, SMS U001 na 47087 om vir haar te stem. Kliek op volgende skakel om haar foto op sosiale media te gaan ‘like’. https://www.facebook.com/groups/faceofsouthafrica/permalink/1258996687583740/.
Sy kan ook op sosiale media bereik word: www.facebook.com/carina.james.777; @Carinaofficial (Instagram) en @CarinaJames94 (Twitter).
Follow us:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.



