Local newsNews

VIDEO: Bekende sanger vermaak inworners van Cosmos Tehuis

Die vermaak het gepaard gegaan met pragtige gedekte tafels, heerlike eetgoed en gesellige samesyn.

Bekende Afrikaanse liedjieskrywer en sanger Gert van Tonder het op 5 Mei inwoners, personeel, familie en vriende van Cosmos Tehuis, in van Dyk Park, met sy liedjies en sang bekoor.

Die oggendtee was ’n geleentheid waar familie en vriende bymekaar gekom het.

Van Tonder is ’n ou bekende in ons land. Hy het ook saam met Sias Reinecke as Groep Twee opgetree.

Hy het bekende liedjies, soos die liedjie Sproeitjies wat hy self geskryf het, gesing.

Die gehoor het geluister, gedans, hande geklap en saam gesing.

Van Tonder het nie net gesing nie maar ook staaljies en grappies uit die verlede vertel wat die gehoor baie geniet het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button