School sportSport
Corries se gimnaste op pad na België
Hullle gaan poog om 'n groot slag te slaan by die Wêreld Ouderdomsgroepkompetisie
Caitlin Weber (links, Graad Sewe) en Zandri Botha (Graad Ses) van Laerskool Concordia is gekies om Suid-Afrika by die gesogte Wêreld Ouderdomsgroepkompetisie vir gimnastiek te verteenwoordig.
Die Suid-Afrikaanse Gimnastiek Federasie het die span wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig in April by die Akrobatiese Gimnastiek Wêreldkampioenskappe en Wêreld Ouderdomsgroepkompetisie in Antwerpen, België bekend gemaak.



