NewsSchools

Westwood se leerlinge blink uit

Leerlinge van Laerskool Westwood het goed gevaar op verskeie gebiede.

Laerskool Westwood se Skolierpatrollie vir 2018 is onlangs aangewys. Graad Vyf-leerlinge wat vir hierdie verantwoordelike taak aangewys word moet vroeg uit die vere wees om hul mede-leerlinge, saam met die personeellid op diens, veilig oor die pad te help.
Die Graad Een tot Drie Suikerbekkies lyk asof suiker nie in hul monde kan smelt nie, maar hulle kan behoorlik soete klanke uit daardie mondjies voortbring. Hulle afrigter, Amore Tredoux, was baie trots op haar klomp sangertjies tydens die kultuur- en talentaand.
Laerskool Westwood se Wikkelkoor sit sedig en stil op die foto maar plaas hulle op ’n verhoog en dis ’n perd van ’n ander kleur! Dan wikkel en sing hulle met oorgawe. Hulle het hul talente op die pasafgelope kultuur- en talentaand behoorlik gewys. Chamonique Joubert, hul afrigter, ken haar passies!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button