School sportSport
Vinnige o-15s eindig sesde by Fast 5-netbaltoernooi
Die Hoërskool Dr EG Jansen se o-15 netbalspan het sesde in Suid-Afrika by die Fast5-netbaltoernooi, wat by die Izak Steyl Stadion in Sedibeng plaasgevind het, geeïndig .
Fast5 (oorspronklik bekend as Fastnet) is ’n variasie van netbal waar daar in plaas van sewe spelers met net vyf spelers gespeel word en waar elke kwartrondte net ses minute duur en nie 15 minute soos tydens gewone toernooie nie.
Die nasionale toernooi word deur die Suid-Afrikaanse Skole Netbal Unie (SASN) aangebied.



