School sportSport
Laerskool Concordia atlete ding mee in die D6-byeenkoms
Die Distrik Ses (D6) landloopkampioenskappe was by Thaba Trails op 25 Augustus aangebied.
Al die skole in D6 het deelgeneem.
Daar was ongeveer 60 kinders per ouderdomsgroep wat vir Gauteng uitgedun het.
Die eerste ses kinders dring deur na Gauteng wat op 2 September sal plaasvind.
Laerskool Concordia het 12 leerlinge by D6 gehad.
Slegs twee is deur na Gauteng en hulle is Corlize Stolts (tweede) en Markus Delport (sewende).



