School sportSport

Slim skuiwe vir skaak makkers

Die Laerskool Concordia het op 9 Junie aan hul derde skaaktoernooi vir die jaar deelgeneem.

Die ander skole by die toernooi was Laerskool Baanbreker, Laerskool Westwood en Laerskool Elspark.

Daar is vier toernooie deur die loop van die jaar waaraan die skole deelneem.

Die skaakspanne word in twee groepe verdeel: Juniors – Graad Een tot Drie en Seniors Graad Vier tot Sewe.

Aan die einde van die jaar word al die skole se punte bymekaar getel en dan word ’n wenner bepaal.

Die Laerskool Concordia se punte was as volg op 9 Junie:

* Junior afdeling – 12

* Senior afdeling – 29

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button