Local newsNews

‘n Spesiale saamtrek van geloof vir vrouens

Annalise Wiid het gesels oor die vreugde van ’n lewende geloof by vanjaar se vrouesaamtrek, wat gesamentlik aangebied is deur die Gereformeerde Kerk Boksburg en Boksburg-Suid, te Birchwood Hotel, op 11 Maart.

Die Gereformeerde Kerke van Suid-Afrika bied in Maart elke jaar landswyd vrouesaamtrekke aan.

Die doel van die saamtrek is om as Christenvroue die eer aan God te gee.

Dames van die Delmas gemeente (agter, van links): Martie Kruger, Isabel Smit, Marla Coetzee, Petria van As en Wilma de Ru. Voor: Hanlie van der Walt.

Ongeveer 300 vroue het hierdie spesiale oggend bygewoon.

Die oggend is afgeskop met ’n aangename verwelkomingsverassing deur die dansers van Studio 7 Dance2Perfection.

Elmarine Venter (links) en Corrie Valkenburg.

’n Ontbyt is geniet en die vrouens het gesellig die oggend saam deurgebring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button