Vonkelwyn, sang en dans by Sarie Klub
Met die Sarie Klub se eerste funksie vir 2017 is die liefde gevier op 21 Februarie, by Summer Place.
Met tafels rooi gedek, heerlike kos en goeie geselskap, het vriendinne op hierdie reënerige aand saamgekom om te luister na Charlene Olivier.
Sy is ’n 17-jarige opkomende sangeres van Benoni en stel binnekort haar nuwe album vry.

Die dames, en ’n paar mans, het lekker saam gesing en dans op bekende treffers, veral op die gewilde Let’s Twist Again.
Die klub het vanjaar ’n nuwe instelling waar die dame wat elke maand die meeste gaste na die funksie saamnooi, ’n bottel vonkelwyn kry.

Sy sal bekendstaan as die Sarie Sprankelvrou van die Maand.
Wilna Oosthuizen is Februarie-maand se Sprankelvrou.
Aan die einde van die jaar, word die Sarie Sprankelvrou van die Jaar aangewys.
Die klub se volgende geleentheid vind plaas op 28 Maart.




