EntertainmentLifestyle

Gerhard Steyn stel esklusiewe video vry vir Valentynsdag

Gerhard Steyn, die bekende kunstenaar wat in Boksburg bly, het 'n nuwe musiekvideo - Nooit Alleen - vrygestel ter viering van hulle "Klein Valentyn" Zardi wat vandag 10 maande oud is.

Die klein bondel liefde het die Steyn-gesin twee maande te vroeg verras en het net 1.2kg met geboorte geweeg. ‘n Noodkeiser moes toegespas word.

Zardi was net langer as ‘n maand in die waakeenheid.

“Sy was so klein dat my trouring gemaklik oor haar hand tot op haar bo arm kon skuif,” het Gerhard gesê.

“Hierdie liedjie het ek vir haar geskryf toe sy nog ‘n ongebore baba was. Sy dra nog steeds 0 – 3 maande klere, maar sy is perdfris en gesond. Sy is die oulikste klein ding.

“Geniet die musiekvideo!”

 

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button