NewsSchools

1977 matrieks van plaaslike handelskool hou reunie

Die 1977 matrikulante van die eertydse Hoër Handelskool Boksburg hou reunie op 18 Maart.

Die Hoër Handelskool is 25 jaar gelede herdoop na Hoërskool Oosterlig, wat hierdie jaar die bestaansjaar vier.

Oosterlig is bereid om hul perseel vir die matrikulante van 1977 beskikbaar te stel sodat hulle saam hul eertydse skoolmaters van 40 jaar gelede kan kuier.

“Ons beplan om groot makietie te hou,” het Adri (Brits) Rothmann gesê.

Die groep is nog sterk opsoek na ’n paar oud-leerlinge wat hulle sukkel om op te spoor.

Indien iemand weet waar enige van die volgende persone hulle bevind, kontak vir Adri by 082 896 6148.

Die twee mans en die dames waarna hulle opsoek is, is Freddie Botha, Johan van der Walt, Charlotte van der Merwe, Ria Visser, Erika van Staden, Charmaine Marais, Charlotte van Niekerk, Magda van As, Pamela van Wyk en Doortjie van Wyk (die vanne van die dames is nog hul nooiensvanne).

Dit was ook die laaste jaar wat die skool Engelse leerlinge gehad het.

Die groep is ook opsoek na daardie leerlinge: Oriana Clark, Janette Dermit, Beverley Dobbin, Beverley Holdstock, Annjia Marcopido, Karen Purcell, Cheryl Robinson en Helene Stadler.

“Ons hoop rerig dat ons ‘n paar van die leerlinge kan opspoor sodat ons heerlik reunie kan vier,” het Adri gesê.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button