Al wat jy moet doen, is omgee.
Vanaf 1 September, het leerlinge aan die Hoërskool Oosterlig Kersvader gespeel en nie-bederfbare voedsel geskenk, vir minderbevoorregte Oosterlig gesinne.
Die omgee-projek het onder leiding van personeellid Ritha Nell en die 2017 Leierskomitee geskied.
Leiers het daagliks die projek ywerig bemark, met feestelike versierings op die brug, kersmusiek en selfs leiers wat in hul Kersvaderkostuums dans.
Woensdag, 7 Spetember, kon die Oosies in die pret deel en met Kershoede skool bywoon.
Die skool bedank almal wat deelgeneem het aan die projek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



