Te danke aan 16-jarige Tenika Kriel, van die Hoërskool Dr EG Jansen, se omgee hart sal ‘n paar diere hierdie winter met vol magies op warm komberse kan slaap.
Tenika het die #HelpDieDiere projek in 2015 van stapel gestuur, in ‘n poging om kos en beddegoed vir die diere by skuilings in te samel.
Vanjaar het sy weer só gemaak en die ekonomiese spanning van Pet Rescue in Benoni en The Animal Guardian Society (TAGS) verlig, deur broodnodige items aan dié organisasies te oorhandig.
Die volgende items is ingesamel en by die skuilings aflewer: 280kg droë kos, 20 820g blikke kos, koekies, matte, komberse, jassies, truijies, hondebakke, bedjies en mandjies.

Tenika wil graag die volgende persone en organisies bedank wat met hierdie insameling gehelp het:
* Oom Julius, in Witfield, vir die materiaal en ander items vir komberse en matrasse;
* Tannie Elize, van Kosmos Aftree-Oord;
* Tannie Chrissie, van Impala Park, vir die wol, materiaal, bakkies en kombers;
* Tannie Suzette, van Beyers Park, en Tannie Dina, van Bardene, vir ‘n spesiale sak vol goedjies;
* Oos-Rand Staan Saam projek, vir twee matte en 90kg kos;
* Boksburg Lake Rotary Club, vir 12 blikke kos, ses bakke, ‘n boks koekies en 16kg droë kos;
* Die persone by haar ma, Annett, se werk – Marie, Hendrik, Renate, Gill, Elke en Cecelia, vir 41kg droë kos, agt blikke kos en ‘n kombers;
* Oom Monty, vir 16kg droë kos;
* Tannie Linda, van Dyanglen, vir die mat;
* Tannie Alta, Wilma, Etnia en Mariaan, van Oom Pierre se groep, vir 117kg droë kos en ses jassies; en
* Ryan, van Exhibit A, vir baie matte.
Dit stop egter nie net hier nie.
Tenika samel nogsteeds goedere in vir dié projek en benodig enige moontlike hulp.
“Daar is ‘n groot behoefte aan kos by die skuilings,” het Annett gesê.
Om betrokke te raak, of vir enige navrae, kontak vir Annett by 084 705 5555.



