Carien van Krieken (graad een) is aangewys as die 2015 redenaarswenner vir Afrikaans in haar graad en sy het ook erekleure vir beide spanredenaars en kunswedstryd ontvang. Monty van der Mescht (graad drie) is in die Top 10 in sy klas en hy het erekleure vir kunswedstryd en die kunswedstrydtrofee in sy graad ontvang.
Die junior (graad een tot drie) eretoekenningsaand is op Dinsdag, 10 November, gehou en die senior toekenningsaand vir graad vier tot sewe leerders is Donderdagaand, 12 November, gehou.
Die skoolhoof, Christo Lodder, het die ouers bedank dat hul kinders vanjaar kon deel wees van Laerskool Concordia se bouwerk.
“Sonder die leerlinge as boustene sou ons skool nie so top presteer het nie,” het hy gesê.
Die leerlinge was vereer vir hulle akademiese prestasies en deelname aan skaak, kultuur, kunswedstryde, spanredenaars, redenaars, landloop en gimnastiek.
Adia van Waardhuizen (graad twee) is in die Top 10 in haar klas en aangewys as die beste redenaar in Engels in haar graad. Sy het ook half-kleure vir redenaars, spanredenaars en die kunswedstryd ontvang. Rynhart Auckamp (graad twee) is in die Top 10 in sy klas en het die volgende toekennings ontvang: Balkie vir atletiek en twee sertifikate vir mini krieket en bulletjie rugby.
Shaniqua Steenkamp (graad een) het volle erekleure vir kunswedstryd, sowel as die wisseltrofee vir kunswedstryd in haar graad ontvang. Brendan Kruger (graad twee) is aangewys as die toppresteerder in sy klas vir Afrikaans, Engels en wiskunde, sowel as die beste leser in sy klas. Hy ontvang volle erekleure vir redenaars, die Gladdebek toekenning, trofee vir die veelsydigste seun in die graad een tot drie groep, volle erekleure vir kunswedstryd en ’n balkie vir akrobatiese gimnastiek.
Liandri Tolken , ’n graad ses leerling, het balkies vir akademie, hokkie en redenaars ontvang asook halwe-erekleure vir spanredenaars, volle erekleure vir kunswedstryd, ’n toekenning vir die veelsydigste meisie in die graad vier tot ses groep en ’n goue medalje by die SA tuimel kampioenskappe.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.