NewsSchools

Jansen krieket dring deur na Gunn en Moore halffinaal

Hoërskool Dr EG Jansen het vriend en vyand verras na beide hul eerste en o/15A krieketspanne deurgedring het na die Gunn en Moore-halffinaal.

Dr EG Jansen het Heidelberg Volkskool in die kwartfinaal met ses paaltjies geklop.

Volkskool het eerste gekolf en 100 lopies almal uit aangeteken met Jacques Nel (6/22) wat uitstekend geboul het.

EG Jansen het terug geantwoord deur 104/4 uit te knikker met Kyle Scheepers wat 50 lopies gemoker het.

In die kwartfinaal het Dr EG Jansen se o/15A-span Transvalia met 206 lopies geklop.

EG Jansen kolf eerste en teken 302/6 aan met WP Myburgh (90), Devan Aucamp (69) en Maxwell Meyer (56) wat uitstekend gekolf het.

Transvalia kon slegs 96/9 aanteken met EG Jansen boulers Henk Bornman (3/3) en Arni Enslin (3/21) wat uitgeblink het met die bal in hand.

In die halffinaal speel die eerste span weg teen Hoërskool Garsfontein, terwyl die o/15A-span tuis teen Hoërskool Waterkloof speel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button