EntertainmentLifestyle

Internasionale animasie fliek nou in Afrikaans

Die Sneeukoningin is ’n internasionale animasie rolprent wat vir die eerste keer eksklusief in Afrikaans deur Indigenous Film Distribution op 30 Oktober in Suid-Afrika vrygestel word.

Dit is gebaseer op die oorspronklike en klassieke feëverhaal deur Hans Christian Andersen, wat in 1845 vir die eerste keer gepubliseer is.

Die storie handel oor ’n dogtertjie, Gerda, en haar broer Kai, wat die stryd aansê tussen goed en kwaad.

Die Sneeukoningin wil graag ’n nuwe wêreld skep waar dit altyd winter is en waar die ysige Poolse winde die mense se siele afkoel en die skoon en koue lyne van die winterlandskap, mense se emosies onderdruk.

Sy het die wêreld met ys bedek en beplan nou om alle kuns te vernietig.

Maar ’n towerspieël het voorspel dat die meesterglasmaker, Vegard, wie se spieëls nie net mense se voorkoms nie, maar ook hulle siele weerspieël, die Sneeukoningin en haar koninkryk bedreig.

Op ’n dag waai die Poolse winde vir Vergard en sy vrou Una weg, maar hulle slaag daarin om hulle dogtertjie, Gerda en babaseuntjie Kai, weg te steek.

Kort daarna ontdek een van die Sneeukoninging se bediendes vir Kai en sy glo vas dat hy Vegard se opvolger is.

Nadat Kai deur die Sneeukoningin ontvoer en in haar paleis opgesluit is, vertrek Gerda op ’n reis deur die ysige wonderland, vergesel deur Luta, haar troetel fret, en Orm, die trol.

Gerda moet ’n reeks moeilike struikelblokke oorkom en maak nuwe vriende in haar poging om Kai te bevry, maar sy sal die Sneeukoningin moet verslaan en die harte van mense orals moet verower om die wêreld te red.

Die pragtige tonele, klassieke verhaal en wonderlike, hoë gehalte animasie van die animasiemaatskappy, Wizart, sorg dat hierdie ’n klassieke avontuurrolprent is wat ’n internasionale gehoor sal bekoor.

Kyk die lokprent hier:

www.youtube.com/watch?v=B4zz1cBE5W8

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button