EntertainmentLifestyle
Adam kom maak ‘n draai by Live Arts Little Theatre
Die alombekende musiekgroep, Adam, sal op 16 Mei ’n draai by die Live Arts Little Theatre maak.
Adam is ’n drie-stuk Suid-Afrikaanse groep, wat bestaan uit Hugo Ludik, Reynardt Hugo en Kyle Grant.
Hulle musiek is pop, met kontemporêre invloede. Hulle album, Vir Jou Gemaak, het goue status verwerf, met verkope wat aanhou groei.
Kaartjies is aanlyn beskikbaar by www.lalt.co.za, en kan ook bespreek word deur ’n e-pos te stuur aan liveartstheatre@gmail.com, of deur 074 101 8165 te skakel.



