EG Jansen behaal vierde plek by Super Interhoër Atletiekbyeenkoms
Hoërskool Dr EG Jansen het aan die B-afdeling van die Super Interhoër Atletiekbyeenkoms deelgeneem, waar die skool ’n algehele vierde plek behaal het.

Die byeenkoms het op 3 Maart plaasgevind.
In die seuns-afdeling het EG Jansen met die louere weggestap, terwyl die dogters algeheel sewende geeïndig het.
Tydens die byeenkoms is Franco Enslin (o-14) as die beste junior baanatleet, asook die junior victor ludorum aangewys, met Theo Brussouw (o-16) wat die beste senior baanatleet was.
Die volgende seunsatlete het eerste plekke verower:
* Franco Enslin – o-14 100m en o-14 100m hekkies;
* Caleb Beukes – o-15 1 500m en o-19 3 000m;
* Lee-Irvan Andries – o-16 400m en o-16 400m hekkies;
* Theo Brussouw – o-16 110m hekkies;
* Franklin Wagner – o-17 100m;
* Laurandt Pepler – o-17 hoogspring;
* Hendrè Stassen – o-19 gewigstoot; en
* Michael Enslin – o-19 800m.
Die volgende meisies het eerste plekke verower:
* Simone Bence – o-14 spiesgooi;
* Jacqueline Lourens – o-16 verspring;
* Nanel Phillipson – o-16 skywerp;
* Simone van der Nest – o-16 verspring; en
* Chinique Joubert – o-17 hoogspring.



