School sportSport

EG Jansen se o-17-rugbyspan wen plaatfinaal

Hoërskool Dr EG Jansen se o-15 asook die o-17-spanne het onlangs goed tydens die Noordvaal Sewes-toernooi by Hoërskool Menlopark gevaar.

Skole het in hul onderskeie provinsies aan kwalifiserende toernooie deelgeneem om vir dié toernooi te kwalifiseer.

Jansies het van die begin af hul stempel in beid afdelings afgedruk.

Die o-15-span het in die Beker halffinaal verloor en algeheel vierdie geëindig, terwyl die o-17-span as Plaatwenners (eindig algeheel vyfde) aangewys is.

Albei spanne het die beste van al die skole in die Valke-streek gevaar.

Atletiek

Tydens die eerste voor-seisoen Top 20-atletiekbyeenkoms by Naboomspruit het die volgende atlete uitsondelik presteer:

* Franco Enslin – 100m hekkies (966 Absa punte)

* Franco Enslin – 100m (837 Absa punte)

* Nianel Phillipson – Skywerp (941 Absa punte)

* Nianel Phillipson – Gewigstoot (875 Absa punte)

* Caleb Beukes – 3000m (913 Absa punte)

* Caleb Beukes – 1500m (899 Absa punte)

* Chinique Joubert – Hoogspring (875 Absa punte)

* Mauritz Lottering – Hoogspring (865 Absa punte)

* Elmore Scheepers – Gewigstoot (864 Absa punte)

* Theo Brussouw – 100m hekkies (863 Absa punte)

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button