LettersOpinion

Christenskap hoort nie in skole nie

Gert Swart van Boksburg skryf:

Die artikel het sterk kant ingeneem ten gunste van die status quo, dat godsdiens in ons kinders se kele afgedruk word. Dit sou beter gepas gewees het indien die Advertiser eerder ‘n neutrale posisie oor die aangeleentheid ingeneem het.

Hoe word die “Christelike etos’ aangeval? Wat is ‘Christelike etos’? Is dit die rituele en praktyke, soos om in die openbaar te bid en te sing, wat deur Christene beoefen word?

Of is dit ‘n lewestyl van ‘liefde’ wat veronderstel is om beoefen te word?

Indien dit die beoefening van Christelike gebuike soos bid en sing is, is dit iets wat hulle nie in die openbaar behoort te beoefen nie. Dit is waarvoor daar kerke en sitkamers in huise is.

Waarom wil hulle voortgaan om hul geloof in mense, selfs diegene wat hul geloof as belaglik beskou, se kele af te druk? Inteendeel, Mattheus 6 in hulle Bybel beveel hulle om nie te bid in die openbaar nie.

Indien dit ‘n lewenstyl van ‘liefde’ is, sal dit dalk ‘n goeie idee wees dat hulle dit probeer beoefen. Die haat wat Christene spuug, veral op sosiale media, sedert hierdie saak op die lappe gekom het, is absoluut walglik.

Dit bewys dat geloof geensins tot morele waardes bydrae nie, maar eerder verdeling en haat saai. Ek sidder wanneer ek aan die heksejag op die kinders in Baanbreker dink wie se ouers by die aksie betrokke is.

Die ‘Christene’ reken dat die kinders van Afrikaanse ouers wat nie meer in die Christen-God glo nie, vry is om na ander skole te gaan. Maar na watter ander Afrikaanse skool moet die kinders gaan? Al die Afrikaanse skole in Boksburg is dieselfde wat gebruik van godsdiens aanbetref. Dit is waarom hierdie hofsaak ongelukkig onvermydelik is.

Die Christene dink dit is ‘n goeie idee as ‘n geloofsvrye kind gebrandmerk en uitgewys moet word, deurdat van die arme kind verwag word om alleen buite te gaan staan terwyl al sy maatjies hul rituele beoefen. Al is daar net een geloofsvrye kind in ‘n skool, moet daardie kind beskerm word en nie uitgewys word nie.

Al hoe dit gedoen kan word is om geloof uit skole te haal en in die kerke en privaat huise te neem waar dit hoort.

Voorts haal die Advertiser die ultra regse rassis, Dan Roodt, aan? Afriforum samel ook nou blykbaar geld in om vir die regskostes van die skole te betaal. Dis nogal gepas, want die kerke en hul prokureurs kan mos nie bid en liefhê sonder geld nie.

Dit is ook ‘n belaglikheid dat geloof in die Christelike God as ‘n vereiste gehou word om ‘n ‘Afrikaner’ te kan wees.

Ek is ‘n nasaat van Andries Pretorius – my groot-oupa was ‘n krygsgevangene in die Boere-oorlog – ek dink en leef in Afrikaans, maar nou besluit die regses ek is nie ‘n Afrikaner nie, omdat ek nie meer in hul God glo nie.

Ek is net dankbaar dat ek, in hierdie opsig, darem ‘n alternatief het – dat ek eerder ‘n Suid Afrikaner kan wees as ‘n haatdraende Christelike Afrikaner.

* Die Advertiser het in die berig wel ‘n neutrale posisie ingeneem en het slegs die feite deurgegee. Vryheid van godsdiens is belangrik in Suid-Afrika, wat dus beteken daar moet vryheid wees om ‘n godsdiens te beoefen sonder diskriminasie. Dit geld vir alle godsdienste. Om een godsdiens aan te val is om die vryheid van alle godsdienste aan te val. Mattheus 6 handel in konteks glad nie oor die beoefening van godsdiens in die openbaar nie, maar gaan eerder oor die streling van die ego in plaas van om nederigheid te handhaaf (Lukas 12:8-9 handel juis oor die die Christen se wandel om sy geloof vrylik, dus ook in die openbaar, te beoefen) – RE.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

10 Comments

  1. Danki ve almal wat se di bybel moet uit di skole uit gehaal word dit wys dat my God regtig leef Hy het dit al 2000 jaar terug gese di dag gan kom dat ons ni ons geloof mag uit oefen in di openbaar ni. So GODS NOT DEAD. Halleluja

  2. Mooi redakteur – baie neutraal. Is jy ‘n dominee of pastoor wat so mooi die bybel kan interpreter. Interpreteer asb. Jesaja 13:16 of Hosea 13:16. Tensy sy jy seker ‘n vrou is: 1 Kor 14:34 en 1 Tim 2:11?

  3. Dan moet bybels nie in tronke uitgegee word nie. Misdadigers moet ook nie vergewe word nie, uit die samelewing uitgeskakel word.

  4. Die opskrif van my brief was “GODSDIENS IN SKOLE” en ek het 2 keer in my brief na “godsdiens” verwys, wat alle gelowe insluit. Nogtans het die Redakteur verkies om die opskrif van die artikel: “Christenskap hoort nie in skole nie” te maak. Sy motief om dit te doen is mos ooglopend.
    In sy kommentaar het die Redakteur ook genoem dat slegs 1 godsdiens “aangeval” word, terwyl hy goed weet dat ek gereageer het op ‘n artikel wat oor die “christelike etos” gehandel het.
    Sy reaksie, wat hy as “neutraal” beskryf, is duidelik ‘n poging om sy kwyende gloof te beskerm.

  5. Gert, as jy reg is en die redakteur het jou oorspronklike brief wel gewysig soos jy noem, is dit ‘n tipiese voorbeeld van “lieg vir Jesus”. Riaan Engelbrecht, is jy skuldig aan hierdie verdraaing? Indien wel, wat was jou motief anders as om jou lesers te bedrieg sodat jy jou eie siening kan beskerm?

  6. Stephan,
    My brief is nie gewysig nie. Die opskrif van die atikel, “Christenskap hoort nie in skole nie” skep die indruk van ‘n “aanval op christenskap” terwyl die opskrif van my brief “GODSDIENS IN SKOLE” was.

  7. Gert, jy weet nie wat in Baanbreker aangaan nie. Daar is geen heksejag op niemand se kinders nie, daar was nog nooit nie en daar sal ook nooit wees nie.

Back to top button