Die vrou se bure het glo gekla dat dié boom blare in hul erf mors.
Al die bome in die straat is gesnoei, maar slegs die een voor haar huis is heeltemal afgesny.
“Hoe durf hulle my boom afsny, omdat hy kla – dit is nie regverdig nie. Ek hou van die natuur en van beboste struike, nou is die agterkant van my huis oop en dit kan van die straat af gesien word.”
Volgens die inwoner het die boom geen dreine geblok of mure en paaie gekraak nie.
“Dit vat 20 jaar vir ’n boom om só groot te groei – nou is die boom weg, niks gaan hom terugbring nie. Hoe regverdig hulle (die munisipaliteit) dit om die mooiste bome te saag?
Volgens die Ekurhuleni metro woordvoerder, Themba Gadebe, moes die boom “ongelukkig” weens verskeie grondige redes verwyder word.
“Die hoofrede hiervoor is dat die boom ’n moontlike gevaar vir eiendom was.”
Gadebe reken daar was geen moontlike alternatief as om die boom te verwyder nie. – @IschkeBoksburg



