Local newsNews

Rheinberger Kamerkoor bereik hoogtepunt by ATKV uitdunne

Die Rheinberger Kamerkoor het vanjaar ingeskryf vir die jaarlikse ATKV Animato-koorkompetisie, en ’n hoogtepunt bereik toe hulle, tydens die uitdunne, wat die eerste naweek van Junie in Gauteng plaasgevind het, ’n goue sertifikaat ontvang het.

Dié jaarlikse koorkompetisie vind landwyd plaas en bied die geleentheid vir kamerkore, kerkkore, jeugkore, kinderkore en gemeenskapskore om teen mekaar mee te ding.

Uitdunne vind nog plaas in al die ander provinsies van die land en Namibie voordat die finale kompetisie sal plaasvind.

Die Rheinberger Kamerkoor is gestig in 2003 en bestaan uit ongeveer 40 sangers van oor die hele Oos-Rand, Johannesburg en Pretoria omgewing.

Vier sangers is in Boksburg woonagtig.

Sedert 2003 is Gert Pottas die dirigent van die koor.

Volgens Maralie Theron, stel die koor hulle ten doel om deur middel van koorsang ’n bydrae te maak tot die kulturele ontwikkeling en verryking van die gemeenskap in die Oos-Rand en om musiek in te studeer van hoë artistieke waarde.

Die koor fokus op Westerse kunsmusiek, soos die komposisies van Josef Gabriel Rheinberger tot die werke van kontemporêre Suid- Afrikaanse komponiste.

Meeste van die musikale periodes, met konsentrasie op komposisies en verwerkings van die laast eeu, word ingewerk in die koor se jaarlikse repertoire.

Alhoewel die Rheinberger Kamerkoor hoofsaaklik acapella sing, sing hulle ook begeleid met klavier, orrel en orkes.

“Die koor tree gereeld op saam met ander kore en is bevoorreg om Erna Grimbeek as begeleier en stembouer te gebruik,” sê Theron.

Die koor repeteer elke week in die NG Kempton Kruin Kerk en tree gereëld op in gemeentes en met ander kore in die Oos-Rand.

Daar word ’n toer na Kaapstad in September beplan, waar die koor saam met kamerkore in die Kaap sal optree.

Oudisies word elke jaar in September gehou en belangstellendes is welkom om Theron by 083 226 1886 te kontak. – @IschkeBoksburg

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button