Mosbolletjies brei om kinders teen die koue te beskerm
Die Witfield Hervormende Kerk Mosbolletjie-groep en ander vrywillige breiers het ’n totaal van 137 truitjies, 111 mussies en ’n aantal serpe en slaapsokkies gebrei wat aan die kinders van die Lona Kruger voedingskema van Boksburg geskenk sal word.
Die Mosbolletjies bestaan uit inwoners van die Witfield Park Aftree-Oord en bestaan uit ongeveer 15 breiers,
Lede van die Mosbolletjies het die breiwerk op Woensdag, 21 Mei, aan Dolly Potgieter oorhandig, wie vrywillig welsynswerk doen en sal die breiwerk aan die Lona Kruger voedingskema namens die Mosbolletjies oorhandig.
Volgens Alida Bekker wat die koördineerder van die mosbolletjies is, het die groep verlede jaar se breiwerk getalle aansienlik verbeter.
“Dit kan vir ander aftree-oorde ’n motivering wees om nie net te sit nie, maar om ander te help.”
Diegene wat op enige hoegenaamde manier ’n bydra wil lewer tot die Mosbolletjie-groep, of wil help, kan vir Alida by 011 826 3373 of 083 542 7272 skakel.



