Wen en gaan groot!
Resensent: Ischke de Jager. CD: Liefde Gaan Groot Volume 2. Plate maatskappy: Vonk Musiek

Beoordeling: Hierdie dubbel album is ’n goeie samestelling van nuwe, sowel as welbekende kunstenaars en liefdes liedjies, wat goeie luister genot vir enige Afrikaanse musiek-liefhebber sal verskaf.
Nà die suksesvolle verkope van Liefde Gaan Groot Volume 1, stel Vonk Musiek met trots bekend Volume 2.
Ses en dertig kunstenaars sing een van hul gusteling liefdes treffers.
Liefde Gaan Groot Volume 2 is ’n dubbel album gevul met al jou gunsteling liefdes skatkis treffers.
Sangers soos Gerhard Steyn, Kurt Darren, Karlien Husselman en vele meer beloof om Afrikaanse musiek luisteraars – jonk en oud – met net die top gehalte van liefdes klanke in Afrikaans en Engels te vermaak.
Bekende snitte op die album wat ou herinneringe sal terugbring is onder andere Blou van Andrè Swiegers en My lady of grace van Lance James.
In samewerking met Vonk Musiek, staan vyf gelukkige lesers ’n kans om elkeen ’n kopie van Liefde Gaan Groot Volume 2 te wen.
Om in te skryf, SMS “Liefde”, jou naam en area waar jy woon, na 35718 voor 20 Mei. Die wenners sal telefonies geskakel word. SMSe kos R1.50 elk.



