Editor's choiceMunicipalNews

Krag is herstel in Impala Park

Ingeneurs en tegnici van die Ekurhuleni Metro Munisipaliteit het weereens Donderdagaand, Maart 13, dwarsdeur die nag op die hoek van Elizabeth en Atlas weg gewerk om die elektrisiteit in Impala Park te herstel.

Volgens wyksraadslid, Andrè du Plessis, is die probleem op die tweede toevoerlyn nou finaal uitgesorteer en inwoners se elektrisiteit is sedert Donderdag nag en Vrydag oggend herstel.

Die buurt is sedert Dinsdagaand, Maart 11 ongeveer 6nm, sonder elektrisiteit weens kabelfoute op die twee-toevoer lyne wat met die gebied se substasie verbind is.

Woensdag is elektrisiteitslading deur Impala Park roteer, sodat alle inwoners die geleentheid het om die water in hul geyser te verhit en om die inhoud in hul yskaste en vrieskaste te verkoel.

Du Plessis bedank die Direkteur van Operasies by die metro se Departement van Energie, Hannes Roos, en al die spanne wat nagte deurgewerk het om die problem op te los en wat hom heeltyd op hoogte gehou het van verwikkelinge.

 

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

2 Comments

  1. 18/3/2014 Die krag is nou weer die hele dag af in Witkoppie Ridge en in Impala Park!!!!!!!!!!!!!
    Dit is nie meer aanvaarbaar nie!!!!!!!!!!!!!!!
    Die krag het in die nag afgegaan.
    Dit is nou nog af
    Wat is nou weer die probleem?
    Soek die mense oortyd of het sekere kontrakteurs weer geld nodig?

  2. I am disappointed that the article in the phyiscal boksburg advertiser newspaper is only in Afrikaans.as a South African I can understand & read afrikaans but I am not fluent to understand the issues as a resident that has been directly affected by the power outage!
    Please consider all your readers!

Back to top button