EntertainmentLifestyle

Plaaslike droom dive mik hoog

Natalie Green (34) is 'n kunstenaar van Boksburg wat na die hoogtes mik.

Sy is as die Droom Diva bekend, weens haar eie komposisie “Droom Diva”.

“Ek moet mense leer droom, want, as hulle droom, is daar hoop en dan volg geloof en liefde,” sê Natalie.

Dié plat op die aarde, mens-liewende vermaaklikheidsdiva kry dit reg dat die gehore by haar vertonings lekker lag, dans en sing, weens haar positiewe en opgewekte persoonlikheid.

Haar eerste album is in Februarie 2009 afgehandel. Dit is ‘n versameling van haar gunsteling “covers”.

Sy verskyn ook in duet op Nico Booijse se album My Hart Vat Vlam, met die treffer Bring jou hart, wat steeds op verskeie radiostasies speel.

“Ek is reeds besig met die tweede album, dit is ‘n versameling van ‘n groot verskeidenheid oorspronklike werk wat ek self, sowel as twee van my musiekkollegas, Theresa Schreiber en Leonora Friend, geskryf het,” sê Natalie.

“Daar sal darem so vier ou bekendes op die album wees, wat bietjie verwerk is om dit ‘n Natalie klank te gee.”

Natalie het al op die ouderdom van nege begin om by verskeie ouetehuise en konserte op te tree.

Dit was tydens haar optrede in die Secunda Teater dat sy besef het dat sy vir die verhoog en musiek gemaak is.

Sy het in 2009 besluit om voltyds in die musiekbedryf te werk, en is vandag daaraan toegewy om van haar sangloopbaan ‘n sukses te maak.

In 2011, veral, het sy die land platgereis en mense bekoor met haar passie om hulle weer te leer droom.

Tydens haar loopbaan het sy al die verhoog met vele groot name in die bedryf gedeel, soos Jaco Labuschagne, Karin Ferreira, George Meiring, Shaun Tait, Nicholis Louw, Juanita du Plessies, Bobby Angel, Heinz Winckler, en Sunette Bridges.

Sy het ook ‘n hart van goud.

“Ek het ‘n sterk passie vir welsyn en is baie betrokke by verskeie aksies, om hulp te verleen om fondse in te samel,” sê sy.

“Ek het ‘n groot liefde vir kinders en is veral betrokke by projekte wat mishandeling van kinders en vroue aanspreek.

“As ‘n jong meisie is ek self deur baie seer, en is misbruik. Ek het besluit dat as ek toelaat dat die verlede die beter van my kry en my siel vernietig, het die duiwel gewen…ek sal dit nie toelaat nie.”

Sy het ‘n klein organisasie begin, genaamd Genade Wiegie/Mercy Cradle, wat jong moeders in moeilike omstandighede help om die nodige vir hulle babas te kry, en dié wat die babas opgee vir aanneming by te staan met berading.

Natalie het drie van haar eie kinders – Timothy (14), Joshua (11) en Caleb (8) – asook twee aangenome kinders, Kaitlyn (21) en Zander (4).

Sy is in die proses om te leer viool speel en haar kitaar vernuf verder te verskerp.

“Enigiets wat jy in die lewe aanpak kort oefening, tegniek en passie, sowel as natuurlike talent om ‘n sukses te wees, ek wil nooit ophou groei en leer nie,” sê sy.

Natalie het onlangs by die Local is Lekker-platemaatskappy aangesluit, en is ook deel van die Legends in Training-projek.

Rakende 2014, sê sy daar is planne vir ‘n Kaap/Namibië toer, asook optredes by feeste.

“Ek werk ook tans aan ‘n projek waar ek gaan uitreik na vroue wat trauma beleef het, ek noem dit die Maak my ‘n Diva-projek,” vertel sy.

Sy is ook opgewonde oor die musiekvideo wat beplan word en wat hopelik teen Maart klaar sal wees.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button