Local newsNews

Skenk wol om In Knap Sak te help om ‘n verskil te maak

Daar is ‘n groot nood vir hierdie items gedurende die koue wintermaande en talle mense maak op hierdie skenkings staat

Met die winterseisoen wat al hoe nader kruip doen die plaaslike wolwinkel, In My Knapsak, ‘n beroep op die gemeenskap om wol aan hulle te skenk.

In die winkel is daar ‘n mandjie waar die publiek welkom is om enige oorskiet wol, mussies, serpies en komberse af te laai.

Die eienaar van die winkel, Charnelle Els, het verduidelik dat die wol vir ‘n goeie doel aangewend word.

“Ons samel tans wol en ander gebreide of gehekelde items vir drie afsonderlike projekte in,” veduidelik Chantelle oor die skenkings.

Sy vertel dat die winkel wol insamel ten bate van ‘n ouma wat na haar kleinseun moet omsien, asook mussies, serpies vir ‘n dokter wat die items in hospitale versprei waar hy ‘n nood sien.

“Verder poog ons ook om Samaritaan Huis te help deur aan hulle wol en hekelgaring te skenk. Die kinders kan dit gebruik vir kreatiewe projeke en tolletjiebrei, wat redelik gewild is. Dit help ook om hulle besig te hou,” voeg sy by.

Sodra die mandjie vol is, word die items geskei en versprei na die verskeie persone wat daarby sal baat.

Sy het beklemtoon dat hulle dankbaar is vir enige donasie, maak nie saak hoe klein dit is nie.

Die publiek is welkom om hul oorskiet wol of items by die winkel te kom aflaai of kontak Charnelle op 082 776 8575 of stuur ‘n e-pos aan admin@inmyknapsak.co.za vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button