Laerskool Concordia het onlangs hulle 20ste agtereenvolgende interlaer gewen wat by Boksburg Stadion uitgespook is.
Baanbreker, Concordia, Elspark, Van Dykpark en Martin School het saam deelgeneem.
Dis egter nie net ’n dag vir atlete wat deelneem nie, maar vir die onderskeie skole se ondersteuners is dit ‘n heerlike dag van sing, dans en hul maats op die baan ondersteun.
Vir die hoof van Concordia, Charel Blignaut, was dit die skool se doelwit om die 20ste prestasie te behaal omdat dit vanjaar 2020 is.
“Ek is ongelooflik trots op die leerders en wil graag almal bedank wat die prestasie moontlik gemaak het. Dit was ook vir my spesiaal toe onderwysers van die skool die initiatief geneem het om my te verras met ‘n banier met ‘n foto van my op ,” vertel die hoof wat verlede jaar die leisels oorgeneem het.
Laerskool Baanbreker se dirigente het groot pret.
Dit was vir Laerskool Concordia se hoof, Charel Blignaut spesiaal toe die skool se leerders en onderwysers hom verras het met ‘n banier by die interlaer.
Laerskool Concordia wen die hekkies-beker. In die foto is Marco Ventura en Ane Bornman.
Laerskool Concordia wen die gewigstoot. In die foto is Deveroux Weideman en Miceh Lewis.
Laerskool Cncordia wen die beker vir die 20ste keer in ‘n ry. Hier is trotse Corries Marco Ventura, Tom Hofman en Karli Joubert
Laerskool Concordia het onlangs hulle 20ste agtereenvolgende interlaer gewen.
Laerskool Baanbreker se ondersteuners op die pawiljoen.
Laerskool Concordia wen die langafstande-beker by die interlaer. In die foto is Walter Green, Jan de Waal en Karli Joubert.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.