Local newsNews

Witfield Park Aftreeoord hou Vadersdagontbyt

Die oggend is afgeskop met ’n optrede deur Marie Ras. Sy het liedjes gesing wat by die seetema aangesluit het

’n Vadersdagontbyt was onlangs by Witfield Park Aftreeoord gehou ter ere van al die pa’s by die sentrum.

Gaste was op die koue oggend met ’n glasie sjerrie by die geleentheid verwelkom.

Die sanger Dave Nieuwenhuys het ook bygedra tot die sukses van die geleentheid. Die gaste het dit geniet toe Dave en Marie saam gesing het.

Na die vertoning kon gaste ’n smaaklike ontbyt geniet.

Die oord bedank Ackermans Apteek vir die geskenkpakkies wat hulle vir al die pa’s uitgedeel het.

Hierdie dag het inwoners en hul families die kans gegee om kwaliteit tyd saam met mekaar deur te bring.

ALSO READ: Property agency donate R16 000 to SPCA

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button