Verskeie inwoners is bekommerd oor die toestand van ’n kragboks in Van der Postlaan wat hulle al van ongeveer 2017 af probleme gee.
Volgens inwoners skop hul krag tydig en ontydig uit en is die kragboks ook onder water na ’n reënerige dag.
Hulle voel dat dit ’n gevaar vir verbygangers en kinders van ’n nabygeleë kleuterskool kan wees.
“Ons hou die kinders ver weg van die kragboks af en hulle is deeglik bewus van al die gevare. Ons het die kragboks aan die metro gerapporteer en wil hê hulle moet dit regmaak. Die ouers is ook nie gelukkig oor die kragboks nie,” vertel Shelly Barske, mede-einenaar van Humpty Dumpty kleuterskool.

“Dit is ongerieflik. Jy weet nooit wanneer jou krag kan afgaan nie,” vertel ’n inwoner wat graag anoniem wil bly.
Die saak is ook aan die wyksraadslid, Marius de Vos, gerapporteer.
“’n Inwoner het my oor die probleem ingelig. Sover ek weet is die metro besig om aan ’n permanente oplossing te werk,” vertel de Vos.
Die Advertiser wag vir kommentaar van die metro af.
FOLLOW US:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail



