Local newsNews

Saries vier hul 48ste verjaarsdag

Lede en hul gaste kom gewoonlik een keer ’n maand vir lekker geselskap en samesyn bymekaar. Die geleenthede is nie iets om op uit te mis nie.

Die Sarie Klub het onlangs hul 48ste verjaarsdag by die De Bron, Airport Gardens Boutique Hotel, gevier.

Jannie du Toit en Susan Mouton het met hulle vertoning, Die Eggo van jou Oë, gaste by die spoggeleentheid vermaak.

“Jannie en Susan se vertoning was uitstekend gewees en al die gaste het dit baie geniet. Ek wil ook vir Jannie geluk wens met die ATKV-toekenning wat hy die dag voor ons verjaarsdagfunksie gekry het.

Ds Marlize Gasson, wat die opening waargeneem het, en Minnie Delport.

“Dit was welverdiend,” sê Susan Noppe, voorsitter van die Sarie Klub.

“Ek is dankbaar dat ons die klub se verjaarsdag kon vier. Die Sarie Klub beteken baie vir ons, veral vir die gene wat al van die ’70s af ’n pad met die klub stap.

“Ons het weereens van hierdie geleentheid gebruik gemaak om mekaar beter te leer ken. Daar was natuurlik ook heerlike kos om aan te smul en die tafels was ongelooflik mooi gedek.

“Sarie Klub-lede is baie gasvry en almal word met ’n glimlag by hierdie geleenthede verwelkom.”

Kontak Susan Noppe by 083 268 7245 of stuur ’n e-pos na noppe@worldonline.co.za om deel van die klub te word.

LEES OOK:

Heerlike eerste vergadering vir Sarie Klub

FOLLOW US:

Instagram

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button