Local newsNews

Totsiens aan geliefde wiskunde onderwyser Apie Steynberg

Duisende kinders het die eer gehad om deur sy hande te loop waar hy tot en met 2017 in die NG Kerk Sunwardpark se kerksaal en later by sy huis in Boksburg wiskunde klasse gegee het.

Geliefde afgetrede wiskunde onderwyser en skoolhoof Abraham Jacobus ‘Apie’ Steynberg, wat al vir 43 jaar in Boksburg woon, is op 10 Maart dood.

Abraham is op 11 Augustus 1944 gebore, het in Standerton gematrikuleer en het by Potchefstroom Universiteit, nou Noordwes-Universiteit, studeer.

Hy het sy onderwysloopbaan by Hoërskool Edenvale in 1968 afgeskop en daar gebly tot 1973.

Daarna het hy sy loopbaan by Hoërskool Elspark tot 1997 voortgesit, waar hy ook die hoof geword het.

Hy was by NG Kerk Sunwardpark betrokke en het op die kerkraad gedien, wat in 1982 nog in die saal van HTS Elspark gehou is.

Abraham was ’n ywerige Leeus-ondersteuner en was ook betrokke by die afrigting van die eerste rugbyspanne by Hoërskool Edenvale en HTS Elspark.

Sy diens is deur ds Leon Sinclair vanuit die Sunwardpark Gemeenskapskerk op 15 Maart gehou.

By die diens was Abraham as ’n besonderse mens wat respek afgedwing het, beskryf.

Hy laat agter sy vrou, twee dogters, ’n skoonseun en twee kleinkinders.

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button