NewsSchools

Trompoppies maak Laerskool Witfield trots

Die skool neem weer op 13 April aan die Knight of Championship-kompetisie deel.

Hulle mag dalk groentjies wees, maar die trompoppies van Laerskool Witfield kon steeds daarin slag om ’n vyfde plek in hul eerste kompetisie op 9 Maart by St Dominic’s Catholic School for Girls te behaal.

Die organiseerders, Frans Coetzee en Jade Sieber, sê dat die harde werk al in November 2018 begin het.

“Dit is vir vele ander meisies wat nie aan ander sportsoorte deelneem nie ’n geleentheid om ook te kompeteer en sodoende deel van ’n span te wees,” het die organiseerders gesê.

“Daar word nie uitdunne gehou nie. Dié spesifieke kompetisie bestaan uit 22 meisies terwyl die Large Drill-kompetisie uit meer as 50 meisies bestaan.

“Hulle sal ’n konstante derde plek in die plaaslike kompetisies moet behaal om op provinsiale vlak deel te neem.”

Trompoppies kan ook individueel deur beoordelaars geidentifiseer word. Hulle staan dan ’n kans om nasionale kleure te verower.

Die gesondheid van die meisies is hoog op die prioriteitslys. Hulle eet gesond en oefening vind twee keer ’n week regdeur die jaar plaas.

“Dit is verstommend om te sien hoe die kinders se selfbeeld verbeter. Ons waardeer ook die ouers se passie. Hulle is soms meer opgewonde as die leerders,” het Coetzee gesê.

FOLLOW US:

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail

 

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button