Local newsNews

Daar is nog goeie mense wat omgee

Misdaadslagoffer ontvang 'n gratis nuwe bril en ’n volledige oogtoets

Sonja van Graan, ’n oogkundige in die Oosrand, was geskok om te lees van ’n vrou, Marlene Kemp (59), wat aangeval is in haar huis in Freeway Park.

Volgens ’n nuusberig op 21 Februarie, het Marlene welhaftig probeer om haarself te beskerm, maar haar brilraam het haar seergemaak na ’n vuishou in die gesig.

Die snywond het erg gebloei.

“Dit was met die wete dat ek tot stilstand geruk is. Ek was al self deur ’n traumatise ervaring van ’n kaping,” het van Graan gesê.

“Ek kon dus verstaan wat in Marlene se hart aangaan en het daarom besluit om haar te nader.

“My doel was om haar en haar man te ondersteun deur die moeilike tyd. Daarom het ek aangebied om vir haar ’n gratis nuwe bril en ’n volledige oogtoets te gee.

“Ek wou haar herinner dat daar nog mooi en goeie dinge in ons omgewing is,” sê Sonja.

Van Graan hoop dat Marlene haar skuldenaars kan vergewe.

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button