Laerskool Westwood se personeel was op die eerste skooldag van 2019 (9 Januarie) hard aan die werk om die nuwe Graad Een leerders en hul ouers te verwelkom.
Die klasse staan vroeg reeds reg met hope prentjies om in te kleur, kruite, naamkaartjies en sneesdoekies om die trane af te vee.
Die klompie Graad Eens het darem nie te veel troos nodig gehad nie en was almal baie opgewonde om te begin leer spel, lees en skryf.
Die Graad Een leerders in juffrou Alicia Pieters se klas sit mooi regop en luister vir juffrou.
Dié Graad Een-leerder wat saam met haar ouers staan is reg vir skool.
Zanru le Roux kleur in terwyl hy vir al sy klasmaats wag om saam te kom leer.
Tweeling Zoë en Joshua Strydom is vol energie en glad nie bang vir Graad Een nie.
Shani Smuts se vliegtuigklas is pragtig versier. Hierdie Graad Een juffrou is beslis gereed vir harde werk.
Boeties Wouter en Albert Jonker is reg om Graad Een saam aan te pak. Hulle klasse is langs mekaar en hulle gaan beslis die eerste jaar van skool geniet.
Dié gesin is gereed vir die groot Graad Een-avontuur.
Party Graad Eens het bietjie meer troos nodig gehad.
Hayley du Preez is gereed vir die groot werk wat wag.
Juffrou Alicia Pieters se Graad Een klas is in helder kleure versier en die leerders is opgewonde om te begin werk.
Die ouers staan gereed saam met die Graad Eens om hul plek in die grootskool klas in te neem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.