Local newsNews

Kyk: Saries hou somer Kersfees

Die volgende Sarie Klub vergadering sal op 26 Januarie plaasvind.

 

Die Sarie Klublede het die jaar met hul somer Kersfees by die Lakeview Hotel op 20 November afgesluit.

Met tafels wat pragtig in goud en met Kersfeesliggies gedek was, het die klublede die jaar op ’n hoë noot afgesluit.

Die Saries kom een keer ’n maand bymekaar en dit is beslis ’n hoogtepunt op baie se kalenders.

Ross Meyer het die aand met skriflesing en gebed geopen en het die lede herinner oor die ware betekenis van Kersfees.

Die verjaarsdae vir die maand was aangekondig en lief en leed is gedeel.

Mariette van Heerden, ’n nuwe lid van die Sarie Klub, het ook haar konstitusie ontvang.

Daleen Kotze, die Sarie Klub voorsitter, het die bestuur vir hul harde werk die afgelope jaar bedank. Die Saries het ook teruggekyk na die jaar wat verby is en het ook oor al die opwinding by elke byeenkoms gesels.

Die Saries het hierdie jaar saam met verskeie talente soos Kevin Leo en Daniéle Pascal gekuier en het ook meer oor nuwe modes, slim reisplanne en kook- en onthaalwenke geleer.

Daar was nie net ’n heerlike driegangmaaltyd nie, maar ook vele pryse was weggegee. Elke gas het ’n geskenkpakkie met tydskrifte in gekry en daar was spesiale vermaak ook.

Die Koeksisterzzz, die twee soprane Alta Langridge en Madeleen Engelbrecht, begelei deur Elza Coetzer, het ’n verskeidenheid van liedjies gesing wat die gehoor in vervoering gehad het.

ALSO READ:

Die Sarie Klub op reis na gelukkige vrouwees

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City TimesSprings AdvertiserBrakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button