Local newsNews

Kyk video: Nuwe wiele vir worshond

Dit het Milo 'n rukkie geneem om gewoond te raak aan die nuwe wiele maar hy is nou gelukkig.

Plaaslike hoërskool onderwyser Henk Top het vinnig planne beraam toe sy gesin se geliefde worshondjie Milo (6) skielik snaaks begin loop het en toe heeltemal verlam in die agterlyf geword het.

“Ons is baie lief vir Milo, hy is deel van die gesin en ons was dadelik baie bekommerd.

“Ek het die eerste week in Oktober besef hy loop snaaks. Na ’n dag of twee het ek hom veearts toe geneem,” sê Henk.

Hy vertel die veearts het aan hom verduidelik dat dit ‘n algemene kwaal onder worshonde is wat rugprobleme betref.

“Sy het gesê dat ’n werwel geskuif het en dat daar drukking op die senuwee kolom is,” sê Henk.

Milo het ‘n kortisoon inspuiting gekry en is 50 persent kans gegee om te herstel. Na ‘n paar dae was die gesin vreeslik bekommerd, Milo het steeds geen beweging in sy agterpote gehad nie.

“Ek kon dit net nie oor my hart kry om hom te laat uitsit nie, ek moes ‘n plan maak.”

Milo het ‘n tweede kans gekry en kan nou weer lekker rondloop en hardloop.

Henk het begin navorsing doen en kon niemand in Suid-Afrika kry wat karretjies maak vir gestremde hondjies nie.

“Ek het hardeware winkel toe gegaan en vir onder R100 alles gekry wat ek nodig gehad het om vir Milo ‘n karretjie met wielietjies te bou.”

Dit was nie lank nie, toe kon Milo weer in die erf rond hardloop met sy nuwe wiele.

“Dit is bietjie moeite om vir Milo aan te gang te hou. Ons moet hom daagliks versorg, maar dit is heeltemal die moeite werd.

“Hy is ‘n lieflike hond al van klein tyd af en ons is baie geheg aan hom.”

Henk vertel dat ‘n gesin se troeteldiere soveel waarde het en dat ‘n mens die ekstra myl vir hulle moet stap en nie net moet opgee nie.

“Hy kan loop en ons pas hom mooi op.”

ALSO READ:

A frantic search unites owner with her beloved Jasmine

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button