Local newsNews

Ondersteun Solidariteit met skenkings om behoeftiges te help

Solidariteit poog ook om behoeftige leerlinge met studiefondse te ondersteun.

Solidariteit Helpende Hand Boksburg is dringend op soek na skenkings in ’n goeie bruikbare toestand.

Donasies in die vorm van klere, voedsel, breekware en meubels, byvoorbeeld, sal verwelkom word.

Volgens voorsitter Alida Reed sal dit Solidariteit in staat stel om ’n helpende hand na die behoeftige gemeenskap uit te reik.

“Ons is ’n nie-winsgewende organisasie wat betrokke is by veral laer- en hoërskole, kinderhuise, individuele gesinne onder ons voedingskema, ouetehuise en plakkerskampe,” het Reed gesê.

“Skenkings wat ons nie kan uitdeel aan die gemeenskap nie, word in Ons Winkel in Witfield verkoop en die opbrengs gaan ten bate van ons studiefonds.

“Ons Boksburg-tak kon drie behoeftige leerlinge met studiefondse vir 2018 help.”

Vir meer besonderhede skakel Reed op 082 228 3552 of onder-voorsitter Amanda Zeelie op 083 339 91688.

Besoek ook www.helpendehand.co.za

LEES OOK:

Solidariteit stel nuwe interaktiewe jeugwebblad bekend

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button