Nuwe bestuur vir Huis Dien Bothma gekies
’n Nuwe voorsitter sal tydens die eerste bestuursvergadering gekies word.
SAVF Huis Dien Bothma het ’n suksesvolle 2017/2018 finansiële jaar tydens hul jaarlikse amptelike jaarvergadering op 21 September gevier.
Voormalige voorsitter Tertius Wessels beskryf SAVF Huis Dien Bothma as ’n liefdevolle omgewing.
“Dis nie net ’n tehuis nie, dit is ’n plek van omgee en veiligheid. Ons het ’n fantastiese jaar gehad met baie vordering, die bestuurspan en vrywilligers doen so baie,” het Wessels gesê.
Wessels het almal ook bedank vir al die skenkings.

Tydens die jaar is die ouer eenhede in Huis Dien Bothma, asook die ingang, opgegradeer.
“Die groot doelwit is om ’n fasiliteit te wees wat finansieel stabiel en stadvastig is.”
’n Nuwe bestuur is vir 2018/2019 gekies. Hulle is Johan Louw, Past Annatjie Keefe, Makkie van der Merwe, Reegan Hendriks, Ds Daan Bekker en Themba Mthombeni.
LEES OOK:
Corries besoek Huis Dien Bothma
Follow us:
For more #hyperlocal news at your fingertips, visit Benoni City Times, Springs Advertiser, Brakpan Herald, African Reporter and Kathorus Mail.



