Local newsNews

Ondersteun Solidariteit om ‘n Kersfees Karnival aan te bied

Die dag gaan gevul wees met pret, plesier en lekkernye. Daar sal ponieritte, waterglybane, springkastele, springmielies en spookasem wees en ’n lekkergoedpakkie vir elke kind.

Solidariteit Helpende Hand Kempton Park beplan ’n Kerfees Karnival vir minderbevooregte kinders in die Oos-Rand.

Die doel van die karnival is om vir 125 kinders elkeen ’n geskenkie te gee. Vir meeste van hulle sal dit die enigste geskenkie wees wat hulle in die jaar ontvang.

Hester Booysen van Helpende Hand het gesê julle wil sorg vir ’n dag wat ’n glimlag op elke gesiggie sal sit en wil ook graag vir elke gesin ’n emmer of boks vol kruideniersware skenk.

Vir die wat donasies kan skenk, skakel Booysen op 076 315 7099 .

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button