Laerskool Concordia se leierskorps het Woensdag 20 Junie die bejaardes by Huis Dien Bothma gaan besoek.
Die leiers van Laerskool Concordia het geskenkpakkies opgemaak vir hulle besoek aan die tehuis en aan elke inwoner ’n pakkie en ’n gesondheidsmuffin gegee, saam met ’n mooi boodskap.
Die hoofmeisie, Talita Kotze het met ’n voorlesing geopen en hoofseun Luke Oelofse het met gebed die opening waargeneem.
Huis Dien Bothma se inwoners was so ingenome met die leerlinge se besoek en het gevra hulle moet gou weer kom kuier.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



