Local newsNews

SAVF hou fondsinsameling om siekeboeg op te gradeer

Die potjiekoskompetisie het gepaard gegaan met koek- en tert verkope, asook tuisgebakte beskuit, boeke, gebreide serpe, mussies en kousies.

 

Die Suid-Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) is ’n dinamiese gesinsorganisasie wat ’n groot bydrae in die gemeenskap lewer.

Op Saterdag, 16 Junie het die SAVF Huis Dien Bothma in Jansen Park ’n heerlike potjiekoskompetisie gehou.

Dit was ’n familiedag ten bate van die laaste fase van die siekeboeg opgradering. Makkie van der Merwe, ’n vrywilliger, het die fondsinsameling van stapel gestuur en het gesê hulle hoop om teen September al die fondse in te samel.

Hierdie opgraderingsprojek het al in Augustus verlede jaar begin en die potjiekoskompetisie is die derde fondsinsameling ten bate daarvan.

Marietjie Lewis het heerlike tuisgebak verkoop.

“Ons doen regtig ’n beroep op die Boksburg gemeenskap om ons by te staan en te help waar hulle kan,” sê Van der Merwe. Die siekeboeg van Huis Dien Bothma het alreeds sekere opgraderings ondergaan en lyk nuut en gesellig om die inwoners meer gemaklik te laat voel.

“Hierdie laaste fondse wil ons graag gebruik om nog beddegoed en fotorame te koop.”

Die kamers in die siekeboeg lyk al te spoggerig.

Abri Snyman was die gaskunstenaar en het die gaste met musiek en sang vermaak.

Hierdie familiedag het ook vir gaste die geleentheid gegee om gratis bloeddruk- en bloedsuikertoetse te doen.

Vir meer inligting oor SAVF Huis Dien Bothma kontak Van der Merwe op 082 487 0672 of besoek dienbothma.fin@savf.co.za

Pragtige stalletjies met baie interessante dinge om te koop.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button