EntertainmentLifestyle
Lag dat jy lê saam met twee Afrikaanse komedie sterre
Hulle is op die verhoog in die Mardi Gras Teater op 4 Mei om 8nm, te danke aan Lefra Produksies.

Dowwe Dolla en Wicus van der Merwe kom Carnival City toe.
Is jy moeg vir jou man se gesig? Begin jou vrou al hoe meer soos haar paspoortfoto lyk?
Dan is dit nou die tyd om jou kaartjies vir Dowwe Wicus en Dolla van der Merwe te koop.
Die Afrikaanse komedie ikone, Wicus van der Merwe en Margit Meyer-Rödenbeck, beter bekend as Dowwe Dolla, het kragte saamgespan in hierdie skreeusnaakse produksie.
Dit is tyd om te lê van die lag.



