Local newsNews

Witfield Park open nuwe versorgingseenheid

Trans-50 voorsien by Witfield Park dienste en fasiliteite wat hom in ’n kategorie enig in sy soort plaas.

Trans-50 Witfield Park het op 16 Februarie ’n nuwe versorgings eenheid met ’n spoggeleentheid gevier.

Die nuwe eenheid maak voorsiening vir 15 persone wat versorgingsdienste benodig, sowel as 15 eenhede vir die versorging van inwoners met dementia of Alzheimer’s se siekte.

Ongeveer 200 gaste is by die opening verwelkom met ’n glasie sap, ’n warm glimlag en handdruk deur die personeel van Witfield Park.

Witfield Park het op 27 Oktober 1971 sy deure geopen en huisves ongeveer 342 senior burgers.
“Die belangrikste ding is dat die Trans-50 personeel hier is om die inwoners te dien,” sê Marinda Lombaard, oord bestuurder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button