NewsSchools

‘Meerkat Maantuig’ besoek Laerskool Goudrand

Die Film Factory-span en verskeie akteurs van Meerkat Maantuig besoek plaaslike skole in die Oos Rand waar hulle leerlinge meer van die film vertel.

Klein botteltjie, groot gif, soos bewys deur Themba Ntuli (27), wat die rol van Bhubesi vertolk in die nuwe film Meerkat Maantuig.

Ntuli en spanlede van The Film Factory produksiemaatskappy het op 2 Februarie die leerlinge van Laerskool Goudrand kom verras.

The Film Factory het vir Goudrand leerlinge die lokprent kom wys en hulle kans gegee om met Ntuli te gesels.

Daarna is poskaarte uitgedeel met inligting oor die sosiale media kompetisie waar ’n gelukkige leerling die kans staan om ’n iPad te wen.

Ntuli het in die Oos Rand grootgeword en sy laerskoolloopbaan by Primrose Primary voltooi.

Hy is bekend vir sy optredes in die Sunlight advertensie, plaaslike televisie produksies soos Rhythm City en Shaka Zulu: The Musical.

Hy het sy passie en vrolike gees met die leerlinge van Goudrand kom deel en vir hulle meer kom vertel oor die film, en die leerlinge uitgedaag om herhaaldelik hardop te sê: “Ek is nie bang nie”.

Graad Sewe leerlinge saam met Themba Ntuli is (van links): Michaela Celliers, Cecelia Redelinghuys, Melissa van der Linde, Coldecharne Swanepoel en Rochelle Pretorius.

Leerders het gehoor dat Meerkat Maantuig uitlig dat jou vrese in die pad kan staan van jou drome en dat die avonture van Gideonette de la Rey, vertolk deur Anchen du Plessis, en Bhubesi hoop bring vir jongmense om hul vrese in die oë te staar en elke dag voluit te leef.

Ntuli vertel ook dat die film vir hom ’n opwindende uitdaging was en dat hy nuwe maniere moes kry om emosies te vertoon en te kommunikeer, omdat die karakter Bhubesi nie praat nie.

Rachelle Crous, van The Film Factory, beskryf Meerkat Maantuig as een van die mooiste plaaslike films tot dusver.

Sy sê dat die film by verskeie internasionale filmfeeste aanvaar is.

Meerkat Maantuig word op 16 Maart landswyd vrygestel. Die film is familie vriendelik en beloof om ’n opwindende avontuur aan die hele gesin te bied.

Vir meer inligting besoek www.thefilmfactory.co.za

Follow us:

Twitter

Instagram

Facebook

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button