Local newsNews

Groot bywoning by Geloftediens

Vanjaar se Geloftediens, wat op 16 Desember by die geskiedkundige NG-kerk Moedergemeente (Klipkerk) in Voortrekkerstraat aangebied is, het groot belangstelling van lidmate van kerke in en om Boksburg geniet.

Die diens het om 9vm begin en was deur Ds Daan Bakker, onder die preektema ‘Herinneringe – Verheerlik God’, gelei. Onder leiding van Johan Brand was daar na die tyd heerlik uit ‘n liedere program saamgesing. Deur die loop van die diens was ‘n kollekte vir die Klipkerk bewaringsfonds opgeneem.

Vroegoggend by die Klipkerk op 16 Desember.
Tydens die Geloftediens op 16 Desember was die kerk propvol lede van kerke rondom Boksburg.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button