Local newsNews

Oos Rand Sakevroue kry ‘tonic’ vir die siel vir eindjaar woema

Susan Coetzer is ’n motiveringspreker en ’n voorstaander van ’n positiewe gesindheid – ook in korrupte tye met baie uitdagings op haar eie pad.

Coetzer het op 11 Oktober by die Oos Rand Sakevroue, te Summer Place, gekuier.

Sy het tydens haar praatjie ‘Tonic vir die Siel’, die dames aangemoedig om met meer genade na mekaar te kyk en om ’n positiewe verskil in ons land te probeer maak.

Sy bemoedig vroue om meer vriendskappe en brûe te probeer bou, in plaas van meer klippe te gooi.

Sy het ’n paar ‘klippe’ aangeraak: bitterheid oor die verlede, opvlieëndheid en woede in die hede, kroniese negatiwiteit en suur aanslag, jaloesie teenoor dié wat meer suksevol is en ’n onmededeelsame gesindheid teenoor ander.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button