Local newsNews

Besoek Solidariteit Boksburg opedag om uit te vind wat hulle vir jou kan doen

Almal streef na ’n goeie, betekennisvolle werk waarbinne hulle hulself kan uitleef, waar hulle met respek behandel word en billik vergoed word.

Volgens die Amerikaanse meningsopname-maatskappy Gallup is ’n goeie werk die grootste behoefte van mense dwarsoor die wêreld.

In ’n groot mate bepaal jou werk wie jy is en waar jy inpas.

In die onsekere ekonomiese tye waarin ons leef en met die werkloosheidsyfer wat jaarliks toeneem is dit belangrik om die nodige werksekuriteit in plek te hê.

Chevonne Scott, ’n verkoopsklerk in Benoni, het in Januarie vanjaar onverwags haar werk verloor.

Na net meer as ’n jaar by haar werkgewer is sy per e-pos in kennis gestel dat haar dienste beëindig word.

Scott was daarvan oortuig dat haar afdanking onbillik was en sy het haar vakbond genader.

Die verteenwoordigers by Solidariteit se Boksburg tak het Scott met haar saak voor die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Julie vanjaar bygestaan.

Die werkgewer het wel aangevoer dat Scott afgedank is omdat sy nie prestasieteikens gehaal het nie, maar die kommissaris van die KVBA het bevind dat Scott onregmatig afgedank is.

Daar is ook in ag geneem dat Scott swanger was toe sy afgedank is en dat sy vir die nege maande na haar proeftydperk nie haar volle salaris ooreenkomstig haar kontrak ontvang het nie.

’n Mnr Oosthuizen, sekuriteitsbeampte vir Transnet Capital Projects en ’n lid van Solidariteit, het Augustus vanjaar die Boksburg dienskantoor genader nadat hy uit die bloute ’n kennisgewing ontvang het dat sy kontrak getermineer gaan word.

Dit volg nadat sy werkgewer op verskeie geleenthede verwagtinge geskep het dat sy kontrak hernu gaan word en daar beloftes aan hom gemaak is dat hy permanent in die posisie van nasionale batebestuurder aangestel gaan word.

Solidariteit het Oosthuizen met sy saak voor die Transnet Bedingingsraad in Augustus vanjaar bygestaan.

Die bedingingsraad het bevind dat Oosthuizen se ontslag onregverdig was omrede hy slegs ’n brief ontvang het sonder enige verduideliking oor hoekom sy kontrak beëindig is. Oosthuizen is vergoed vir die tydperk wat die arbitrasie hangend was en hy sonder werk gesit het.

Solidariteit veg vir jou in die werkplek.

Om uit te vind wat Solidariteit nóg vir jou kan doen, besoek gerus die Boksburg dienskantoor se opedag op 28 Oktober, vanaf 9vm tot 1nm by 232 Rondebultweg, Libradene.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button