Local newsNews
Wenke en vermaak vir bejaardes
Avbob, tesame met Anneke Liebenberg, van Help Seniors, het vir die inwoners van Huis Dien Bothma op 11 Oktober kom kuier.
Die pensioenarisse het wys(-er) geword met noodsaaklike inligting wat met hulle oor hul ‘oudag’ gedeel is.
Sanger Louis-John het vreugde en lewe met sy kommersieël-klassieke musiek gebring.
Hy het ook die gewilde speletjie Noot-vir-Noot met hulle gespeel.
Volgens Tiekie Mertens, die tehuis se bestuurder, is hierdie aktiewe verouderingsprogramme wat hulle vir die inwoners aanbied van groot belang want dit stimuleer hulle.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!





