LettersOpinion

So gaan baie water verlore

Mariaan Lewis skryf:

Ek werk vir die laaste drie jaar in Boksburg en wanneer dit reën soos op 9 Oktober, loop die stormwater opvangputte en mangate oor want dit is geblok.

Dit gebeur veral in Rietfonteinpad, verby EG Jansen en Spar en af na Boksburg Noord.

Is daar niemand wat dit kan skoonmaak sodat die kosbare water nie verlore gaan nie?

Dan praat ek nie eers van voertuie wat skade kry of besighede en die strukture van die ou geboue nie.

Ek hoop iemand kan ons help met die skoonmaak van die stormwater kanale.

Die Advertiser het navraag gestuur aan die Ekurhuleni metro, maar wag nog vir terugvoer.

Support local journalism

Add Boksburg Advertiser as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button